Pragvertoning deur die ruiters by Thabazimbi Skou

THABAZIMBI – Die ruiters het ‘n pragvertoning gelewer op die Thabazimbi Landbou skou. Die perdeskou se standaard was hoog en die baan ‘n uitdaging vir al die ruiters en perde. Dit het vernuf geverg om die baan suksesvol te voltooi. Die uitslae was as volg. Postnet Pop Event (30-40cm) het Nicky van Tonder met Casanova, Tayla-Jane met Spirit en Gerda Goosen, Ockert Goosen, Michaela Barber met Lucky Luke almal skoon rondtes gespring. Statusfin Welcome stakes (50cm) 1ste Anda Lee met Mr Mistique, 2de Carla van Dyk met Daisy Dawn en 3de Elana Buitendag met Fluorescent Tube. Thabazimbi Drukkers Welcome Stakes (70-80cm) 1ste Gillian Trollope met Troy, 2de Tanita Janse van Vuuren met Grey Fantasy en 3de Lindie de Beer met Wairwolf. Intervet Welcome Stakes (90cm) 1ste Suzette de Villiers met Solid Ridge, 2de Roelien Roets met Jazz Legend en 3de Lindie de Beer met Wairwolf. Merial Accumulator (40-50cm) het Nicky van Vuuren met Bambi, Lorette Botha met Edelman, Elana Buitendag met Fluorescent Tube, Tanita Jansen van Vuuren met Mango.com, Tayla-Jane Hansen met Spirit en Luzaan Engelbrecht almal skoon rondtes gekry. Vliegpoort Drankwinkel Accumulator (70cm) 1ste Tanita Janse van Vuuren met Grey Fantacy, 2de Kimberley Anderson met Lucky Luke en 3de Carli Nel met Corn Time. Kodak Northam Accumulator (90cm) Die Kodak wisseltrofee gaan aan Lindie de Beer met Wairwolf, 2de Chantell Coetzee met Double Quick en 3de Suzette de Villiers met Solid Ridge. Wes Feeds Championship (1m) Die Wes Feeds wisseltrofee gaan aan Lindie de Beer met Wairwolf, 2de en 3de plek gaan aan Suzette de Villiers met Chalga en Solid Ridge. Die dag was ‘n groot sukses danksy al die ruiters en perde.