Plaaslike rugbyspelers skitter by Bokkieweek

THABAZIMBI – Die Bokkieweek het vanaf 2-6 Julie op Kroonstad plaasgevind met nagenoeg 2600 deelnemers van 14 unies van regoor die land. Rugby, hokkie en netbal van ‘n baie hoë standaard is gespeel en redenaars is het ook in dié tyd teen mekaar te staan gekom. Unies vanuit die Limpopo-omgewing wat verteenwoordig was sluit in Verre-Noord en Bosveld. Nasionale spanne is na afloop van die week gekies en dié leerlinge word vereer met Bokkie-Kleure. Die onderskeie Bokkie-spanne sal ook internasionaal deelneem. Later vanjaar toer die 0/19 hokkie-, rugby- en netbalspanne na Argentinië, Korea en Holland. Verskeie 0/19-leerlinge is ook vir universiteite, akademies en kolleges se onderskeie sportakademies gewerf met afloop van die week. Drie van die Bosveld-unie se 0/19 rugbyspelers is driejarige kontrakte aangebied om in Italië te gaan rugby speel. Verskeie leerlinge is deur die Blou Bulle Akademie en Tukkies se Akademie genooi om in 2008 daar te kom rugby speel. Chris Louw wat verlede jaar vir Frikkie Meyer en Bosveld gespeel het, is reeds by die Blou Bulle. Reghard Hefer ‘n plaaslike hoërskoolleerling het die besonderse eer te beurt geval om drie jaar in ‘n ry as die beste speler in sy posisie aangewys te word. Die dorp en unie waar dit aanstaande jaar aangebied sal word sal teen die helfte van Januarie 2008 bekend gemaak word. Vir meer inligting skakel Jan Trichardt by 0147210013.