Hoof finansiële beampte doen op grondvlak navorsing

Mnr André Bower, hoof finansiele beampte van Lephalale Munisipaliteit het vanjaar op grondvlak gaan navorsing doen. Hier is hy by ‘n paar interessante sienings oor wat die pligte van die munisipaliteit is, deur ‘n paar toekomstige belastingbetalertjies. André het onlangs sy laaste voorlegging by die Begrotingsaand gedoen. Hy verlaat in 2008 die diens van Lephalale Munisipaliteit, ‘n groot slag vir die hele gemeenskap. Die Begrotingsaand was uiters suksesvol, kort en kragtig met ‘n nuwe inslag. Sonder die gewone vervelige syfers en lang seremonie, het gaste heerlik saam gekuier in die Mogolsaal op Lephalale. ‘n Skokkende voorlegging is deur André gedoen, voorgelees deur Johan van den Berg, oor die belang van water vir die voortbestaan van lewe soos wat ons dit vandag ken. Die aand was beslis ‘n hoogtepunt en skynbaar ver binne die begroting, soos dit hoort.