Frikwensies vier tiende bestaansjaar

THABAZIMBI – Hoërskool Frikkie Meyer se revuegroep, Die Frikwensies, vier vanjaar hul tiende bestaansjaar. Vanjaar se vertoning word de(x)a genoem, wat tiende beteken en die X verteenwoordig ook die Romeinse syfer 10. Die vertoning is ‘n kombinasie van nuwe treffers en ‘n keurspel van treffers oor die afgelope tien jaar. Oud-Frikwensies wat deel was van 1998,-1999 Reënjaar, Impuls, Encore, Fantastique, Tussen Vriende, Canto alla Vita (I sing to life) en De Novo (vernuwend) sal liedjies uit hul jare herken. De(x)a het gedurende die Julie-vakansie ‘n baie suksesvolle toer onderneem na die Laeveld en verlede week hul plaaslike produksie afgeskop op Dwaalboom. Die Frikwensies se optredes hierdie kwartaal lyk as volg: Amandelbult Woensdag 1 Augustus, Thabazimbi 14-16 Augustus, Ellisras Woensdag 19 September, Oudlede-vertoning Saterdag 22 September. Besprekings vir die Thabazimbi vertoning open op Maandag 30 Julie. Kostes is R30 vir volwassenes en R20 vir kinders. Senior burgers word uitgenooi om Dinsdagaand 14 Augustus se vertoning gratis by te woon. Alle belangstellendes word egter versoek om steeds hul plekke by Johanna van den Berg te bespreek by 014-7771583.