As hul blaf veel erger as hul byt is

Augustus is Hill’s Tandegesondheidsmaand vir Troeteldiere. Dit is nie net mense wat hul tande moet versorg ten einde goeie gesondheid te verseker nie. Volgens die Amerikaanse Veterinêre Tandheelkundevereniging toon 80% van honde en 70% van katte reeds tekens van mondsiektes teen die tyd dat hulle drie jaar oud is. “Mondsiektes is pynlik en potensieel lewensbedreigend,” sê dr. Guy Fyvie, woordvoerder vir Hill’s Tandgesondheidsmaand vir Troeteldiere. “Tog kan dit met ’n eenvoudige tandversorgingsroetine voorkom word.” Volgens dr. Fyvie word mondsiektes deur ’n opbou van plaak veroorsaak. “Plaak veroorsaak irritasie en tandvleissiektes as dit nie verwyder word deur te borsel of jou troeteldier spesiale kos te voer nie. “As jou troeteldier verkleurde tande, slegte asem, seer en bloeiende tandvleise, pyn, tandbederf en/of tandverlies het, het hulle miskien reeds mondsiektes. Dit is belangrik om vinnig op te tree omdat die bakterieë en toksiene in die geïnfekteerde mond in die bloedstroom kan beland en noodsaaklike organe kan aantas. Dit kan ernstige siektes, soos hart- en niersiektes, veroorsaak. Dr. Fyvie beveel die Amerikaanse Veterinêre Tandheelkundevereniging se driestapplan aan vir jou troeteldier se tand- en algemene gesondheid: 1. Besoek jou troeteldier se tandarts (sy veearts) vir ’n tandondersoek. Moenie vir die jaarlikse ondersoek wag as jy ’n probleem vermoed nie. Ondersoek gereeld jou troeteldier se mond en tande. 2. Begin met ’n tandversorgingsroetine tuis. Jou veearts kan die geskikste metodes vir jou troeteldier aanbeveel, wat kan insluit om die tande te borsel. Een van die gerieflikste en doeltreffendste maniere om mondsiektes te voorkom, is om ’n spesiaal geformuleerde kos te gee wat klinies bewys is om die opbou van plaak en tandsteen teen te werk. Hill’s Science Plan Oral Care en Hill’s Prescription Diet® t/d werk soos ’n eetbare tandeborsel en maak die dier se tande skoon terwyl hy eet. Hierdie is die enigste volledige kosse in Suid-Afrika wat die Veterinêre Mondgesondheidsraad se seël van goedkeuring gekry het vir die beheer van verkleuring, plaak en gingivitis. Vra jou veearts vir ’n gratis monster. 3. Besoek jou veearts gereeld. Dit is noodsaaklik om hom of haar te help om die vordering met jou troeteldier se tandgesondheidsroetine te monitor. “Alle diere loop gevaar om tandheelkundige probleme te ontwikkel. Begin vandag met ’n voorkomende program ten einde goeie tandgesondheid regdeur jou troeteldier se lewe te verseker,” sê dr. Fyvie. Vir meer inligting praat met jou veearts (jou troeteldier se tandarts), besoek www.HillsPet.com of bel die Hill’s Pet Nutrition-hulplyn tolvry by (0800) 228 783. Feitekassie – Simptome van mondsiektes * Slegte asem * ’n Geelbruin tandsteenkors op die tande * Rooi en geswelde tandvleise * Pyn of bloeding as jy aan die tandvleise of mond raak * ’n Verandering in eet- of kougewoontes * Abnormale kwyl * Tandverlies * Gaan na die kosbak maar eet nie * Sluk kos heel in sonder om dit te kou * Laat val kos uit die mond * Krap met die poot aan die gesig of mond * Lusteloosheid