SmartBrain beloon hul leerders

THABAZIMBI – Die KunsteGrot is op Maandagaand 16 Julie deur nagenoeg 63 flukse SmartBrain leerlinge beset met die tweejaarlikse prystoekennings om hul prestasies te vier. Een van die direkteure van SmartBrain, Brand van Dyk, het die geleentheid bygewoon en ‘n praatjie gelewer oor hoe die SmartBrain program daarna uitsien. Volgens navorsing word elke persoon met feitlik 100 triljoen breinselle gebore, dus kom elke persoon geniaal die wêreld in. SmartBrain help leerders om hul volle potensiaal te verwesenlik deur op die basis van alle vaardighede te konsentreer naamlik die leesvaardigheid. SmartBrain het sowat 50 sentrums landwyd en maak nie gebruik van rekenaars nie, maar fasiliteerders om die leerder individuele aandag te gee, te help en te motiveer. Wanneer ‘n kind leer om tennis te speel, Die SmartBrain fasiliteerders glo elke leerder is uniek, vlnr: Brand van Dyk, direkteur van SmartBrain, Nico du Plooy, Marthie du Plooy en Izette van As, fasiliteerders by SmartBrain Thabazimbi. het hy ‘n afrigter nodig, so ook vir rugby en netbal, SmartBrain voorsien dus leesafrigters vir die ontwikkeling van leerders se leesvaardigheid. Die visie van SmartBrain is om toppresteerders te kweek met hierdie unieke program. Vir meer inligting oor die SmartBrain program, kontak Marthie du Plooy by 0825703644.