Limpopo steeds geknel deur ernstige misdaad

Tobie Lombard

THABAZIMBI – Die Limpopo provinsie word geknel deur ernstige misdaad. Misdaadstatistiek wat pas vrygestel is skets ‘n baie donker prentjie. Gedurende die boekjaar April 2006 tot Maart 2007 is nie minder dan 111,702 ernstige misdade in die provinsie gepleeg. Dit verteenwoordig 306 misdade per dag. Moorde het met 96 toegeneem van die vorige boekjaar tot 797. Poging tot moord het gestyg tot 854. Verkragtings het ook gestyg van 4416 tot 4573. Onsedelike anrandings het gestyg tot 292. Aanrandings met die doel om ernstig te beseer het effe gedaal tot 16187 gevalle. Gewone aanrandings het ‘n geringe daling getoon van 14575 tot 12893. Roof met verswarende omstandighede het skerp gestyg tot 3218. Ernstige roof het ook gestyg tot 2703 gevalle. Voertuigkapings het toegeneem van 129 tot 170 voorvalle. Vragmotorkapings het verdubbel van 6 die vorige jaar tot 12 vanjaar. Roof by woonhuise het ook toegeneem tot 199 aanmeldings. Roof by besighede het drasties gestyg tot 105 rooftogte. Transito rooftogte het effe gedaal tot 23 voorvalle. Bankrooftogte het vyfvoudig toegeneem tot 6. Daar was 711 gevalle van brandstigting. Beskadiging van eiendom is ‘n provinsiale sportsoort met 7576 aangemelde voorvalle. Inbrake by woonhuise staan op ‘n verbysterende 12909 inbrake. Inbrake by besighede het gestyg tot 4820. Diefstal van voertuie en motorfietse het toegeneem tot 1470 aanmeldings. Diefstal vanuit voertuie het effe afgeneem tot 3903 van 4564 die vorige boekjaar. Veediefstal het gestyg tot 1571 gevalle. Daar was 444 arrestasies vir die onwettige besit van vuurwapens en of ammunisie. Dwelm verwante misdade het ook gestyg tot 2170 vanaf 1936. Bestuur onder die invloed van drank wek kommer met 1067 gevalle. Daar is 2227 kommersiële misdade aangemeld en gewone diefstal se astronomiese getal staan op 18732 gevalle. Winkels het ook deurgeloop met 3507 aanmeldings. Strafbare manslag het met 1 gestyg tot op 1021. Daar was 440 ontvoerings of menseroof voorvalle. Net 39 mense is aangekeer vir openbare geweld. Terwyl 2328 mense gevoel het dat hulle belaster is.