Laerskool Platina spog met nuwe onderwysers

SWARTKLIP – Laerskool Platina het met die aanbreek van die nuwe skoolseisoen drie nuwe onderwysers bygekry. Hulle is mnr Hennie Prinsloo wat Graad 5, 6 en 7 Engels medium sal aanbied en Michelle Etsebeth en Mentanie Möller wat van Potchefstroom afkomstig is. Hennie was voorheen van Krugerpark in Potgietersrus waarna hy verhuis het na die Kaap provinsie. Michelle en Mentanie is besig met hulle finale jaar onderwysdiploma. Michelle sal vir die Graad 2 klas Engels gee. Mentanie is nog nie geplaas nie maar sy sien daarna uit om haar pos as onderwyseres te begin. Die skool wens hulle sterkte toe en hoop dat hulle gou sal aanpas by hulle en deel word van die wenspan.