Groot prestasie vir plaaslike rugbyspeler

THABAZIMBI – Chris Louw het sy Laer en Hoërskool loopbaan hier op Thabazimbi voltooi en is aan die begin van die jaar as student by die Rugbykollege te Pretoria ingeskryf. Dit is die eerste bestaansjaar van hierdie kollege wat tans slegs 56 studente het en die jaar is skaars halfpad, maar die manne presteer bo verwagting. Chris, wat verlede jaar in matriek was, is as die Kaptein van die o/21 polisiespan aangewys en ook genooi om hom by die Blou Bulle se 0/19 beroepsoefengroep aan te sluit. Drie ander studente van die kollege het ook hierdie selfde uitnodiging ontvang en die 56 studente wat tans klas loop neem almal in Augustus aan die Bulle se junior proewe deel.