VLU Thabazimbi bederf burgers van Bosveldoord

THABAZIMBI – Die dames van die plaaslike VLU het die Seniors van Bosveldoord op die oggend van 13 Junie bederf met heerlike groentesop en broodjies. Met die koue wintersdae was dit net die ware Jakob en almal het gesellig saam gekuier met ‘n beker sop en broodjie in die hand. Op 14 Junie was die maandelikse vergadering by die Kunstegrot. Tien dames het met hul mosaïk potplanthouers gespog en Marietjie, wat die beoordeling gedoen het, het ‘n moeilike taak gehad om die drie bestes te kies. Die volgende vergadering word gehou op 12 Julie om 30H00 by Marietjie vd Merwe se huis, Marietjie vier dan ook haar 60ste verjaarsdag en die dames gaan die besondere dag saam met haar vier. Haar vriendinne wat graag wil saam kuier is baie welkom. Een van die konferensie kompetisie artikels is ‘n handwaaier en die dames gaan koppe bymekaar sit vir idees om dit te kan bemeester. Vir verdere besonderhede skakel Liz by 0844364429.