VLU dames by die Thabazimbi Landbouskou

THABAZIMBI – Dit is weer daardie tyd van die jaar waar die verskeie Vroue Landbou Unie takke saam met die DLU van ons gemeenskap ‘n stalletjie sal beman. Hierdie jaar hou hulle weer die gebruiklike Plaaskombuis, en dis net waar jy jou gebottel kan kom koop teen ‘n redelike prys. Wanneer laas het jy egte boere konfyt, beskuit, blatjang en seep kon koop? Nou hier is jou kans. Daar is ook ‘n teetuin waar jy ‘n heerlike koppie boeretroos met ‘n soetigheidjie of soutigheidjie kan kom geniet. So uit die pan op jou bord. Behalwe vir die lekkernye is daar ook iets vir die dames wie se eggenoot, beeste-, varke of perde bekyk. Hulle gaan gou jou besig hou met demonstrasies elke uur en dis nie al nie, jy gaan die geleent- heid gegun word om watter demonstrasie jou prikkel sommer op die plek self dit van jou keuse saam te slaan en saam huistoe te neem. Daar gaan ‘n fooitjie verhaal word, maar waar in vandag se tyd kan jy vinnig ‘n nuwe tegniek leer teen ‘ billike prys. Ondersteun gerus hierdie dames, wie weet dalk besluit jy om ook ‘n lid te word van hierdie dinamiese groepie dames.