Thabazimbi Stapklub vat Visrivier aan

THABAZIMBI – ‘n Groep van 7 stappers het weereens die Visrivier Canyon staproepe van 90km aangepak vanaf 13 tot 17 Junie 2007. Hierdie staproete kruip eenvoudig onder jou vel in, daarom dat stappers die roete tot 20 maal plus alreeds gestap het. Water was egter die jaar ‘n probleem, omdat die reënval die seisoen nie goed was nie. Water moes saam gedra word wanneer beskikbaar in poele andersins moes water gekook word of met watersuiweringstablette behandel word. Die stilte, vrede, unieke omgewing en plantegroei, kamerade en baie ander faktore maak die roete die moeite werk. Die stapklub het alreeds die Vis weer vir 2008 bespreek. Alle stapvriende kontak gerus vir Hugo Coetzee by 0147721836 of by 0825625774.