Swartklip hengelklub het hengelaars van formaat

SWARTKLIP – Twee van Swartklip Hengelklub se seuns gaan na die Suid- Afrikaanse proewe in Desember. Hierdie twee jong hengelaars van Swartklip Hengelklub is ook albei lede van die Noordwes klub. Hulle weet waar die vis byt en aan wat. Die proewe sal gehou word in KwaZulu-Natal. Dit is nog nie bevestig waar die seuns gaan vang nie, maar dit maak nie nou saak nie. Hulle sal daar wees om vars water vis te vang, maak nie saak waar in die land dit plaasvind nie. Die klub is baie trots op die seuns en wens hulle net die beste toe vir die proewe. Dan was daar ook nog klubkompetisies. Die hengelaars het by Klipvoordam bymekaar gekom en vis gevang. Die kompetisie op die dag was vir die swaarste vis. Hulle het die dag baie geniet en sien uit na die volgende kompetisie.