Northam Platinum Hengelklub Bass en klub kompetisie

NORTHAM – Die klub bied op Sondag 1 Julie weer ‘n Bass Kompetisie aan by hulle plaaslike dam, naamlik die Konsentrator. Die kompetisie begin om 07:00 en loop ten einde om 15:00. Daar sal streng om 15:15 ingeweeg word. Inskrywings beloop R100 per hengelaar die 1ste prys vir die grootste Bass is R1000 en vir die Junior onder 12 jaar – R300. Graag nooi ons u almal uit om aan die kompetisie te kom deelneem. Reëls is verkrygbaar by die klub voorsitter Ronnie du Toit by 0736658169. Die naweek daarna vind die klub se maandelikse kompetisie ook by die dam plaas. Die kompetisie begin op Saterdag 7 Julie om 11:00 en loop ten einde op Sondag 12:00. Almal wat belangstel om by die klub aan te sluit is meer as welkom. Kontak die klub voorsitter vir meer besonderhede. Buite lede is ook meer as welkom om net vir die naweek aan die kompetisie deel te neem teen ‘n minimale inskrywingsfooi. As u enige navrae het skakel Ronnie du Toit by 0736658169.