Lephalale se Bosveldfees word mondig

LEPHALALE – Die gewilde Bosveldfees vind vanjaar plaas vanaf 4-7 Julie 2007 by die Ellisras Hoërskoolterrein in Lephalale (voorheen Ellisras). Dit is vanjaar die 21ste agtereenvolgende jaar wat die fees aangebied word. Die Bosveldfees is inderdaad ‘n vertoonvenster van die pragtige Ellisras Bosveld. Wat die fees uniek maak, is die groot Landboukomponent. Die Landbou Skou wat voorheen in Mei plaasgevind het, is nou deel van die Bosveldfees, wat dit ‘n besondere ervaring maak. Enkele hoogtepunte tydens die fees: * Beesskou: Verskeie rasse * Plaaswerf: koeie melk/bokke/plaasdiere * Wildveiling * Marula Gholftoernooi vanaf 4-7 Julie 2007 by plaaslike Mogol Gholfklub * Vermaak en Kampvuuraande: Bok van Blerk en ander puik kunstenaars * Bosveld Bulletjie en Blommetjie kompetisie * Bulletjie rugby * Trompoppies * Perdespringvertonings * Bokafslag en bokdrolspoeg-kompetisies * Boogskiet * 4×4 Kompetisies * Boesmanuitstalling (lewendig) * Kommersiële stalletjies * Heerlike eetgoed, ens * Bosveld atmosfeer Hierdie unieke Bosveldervaring beloof om ‘n onvergeetlike naweek vir die hele gesin te wees. Dit is vakansietyd. Dus laat al die paaie vanaf Woensdag 4 Julie jou na die Bosveldfees op Lephalale lei.