Laerskool Thabazimbi rugby maak weer vanjaar geskiedenis

THABAZIMBI – Laerskool Thabazimbi se rugby het vanjaar weer geskiedenis gemaak toe vier van hulle rugbyspanne as Limpopo Kampioene gekroon is. Dis die eerste keer in die skool se geskiedenis dat soveel spanne dit kon vermag. Die O/10B, 4de, 3de en 2de spanne het trofeë Saterdag 16 Junie te Warmbad omhoog gehou na ‘n taai finaal. Die O/10B is op ‘n omstrede wyse as kampioene bekroon nadat hul opponente onttrek het. Die 4de span het 8-0 in hul finaal teen Laerskool Pietersburg – Oos geseëvier. Terwyl die 3de span teen Laerskool Louis Trichardt sake moes uitspook, hulle wen 10-5. Die 2de rugbyspan het teen Laerskool Pietersburg – Oos gelykop geëindig met 12 elk en die trofeë word gevolglik gedeel. Baie geluk aan al die seuns en baie dankie vir die ouers se ondersteuning en geduld deur die seisoen. Dit word hoog op prys gestel.