Koedoeskop fees ‘n lekker kuierfees

Vrydag het afgeskop met gaskunstenaars, lekker eet en ‘n teetuin. Vars wildsvleis was te koop en so tussen deur was daar lekker saam gesing met die kunstenaars. Saterdag het af geskop op ‘n lekker wintersoggend. Baie mense het rond gedwaal, hier en daar iets lekkers aan gepeusel het gewag vir die sosaties om gaar te word. So tussen deur is die skare vermaak met dansers uit Pretoria. Oom Karooles en Lente het die klein goed en ook van die ouer garde vermaak. Mnr en Mej Koedoetjie is gekroon en so tussen alles deur was daar die ou boeresport jukskei gespeel. Die jongklomp het veral groot vermaak gevind met die talle opkomende sangers en sangeresse wat die gehoor vermaak het en mooi liedjies gesing het. Die koektafel was deurentyd besig met al die lekker soek en soet goedjies. Vir die worsbroodjies wat die NG Kerk van Koedoeskop verkoop het, met mens tou voor gestaan. Dit was smul lekker. Sondag is afgesluit met ‘n dankdiens by die fees, en daar was ook ‘n middagete beskikbaar voor die verrigtinge afgesluit is.