Categorized | Entertainment

Goeie kos en goeie diens in die hartklop van die Bosveld

THABAZIMBI – Die dorp Thabazimbi is reeds besig om uit sy nate uit te bars en is reeds bekend as een van die streek se grootste toerisme aanloklikhede. Daar is dus gedurig ‘n nuwe lodge of gastehuis wat sy deure open en sy vriendelikheid aan hierdie mense openbaar. Kumnandi Lapha Gastehuis het al ‘n maand gelede op 27 April 2007, sy deure vir die publiek geopen en die van Die Kwêvoël personeel het die geleentheid gekry om bietjie ondersoek te gaan instel. Kumnandi Lapha Gastehuis is geleë op die Thabazimbi/Brits pad en van die pad se kant af lyk dit kompleet soos ‘n oase in die middel van die droë Bosveld. Die plaas behoort aan Jaco du Toit en hy en Willie Brits het dit goed gedink om hierdie moderne plaashuis in ‘n gastehuis te omskep. Willie is verantwoordelik vir die manjifieke geregte en hy is ‘n bo-baas kok. Die gastehuis bestaan uit ‘n restaurant waarin 40 sittende persone bedien kan word, ‘n ontspan afdeling met lapa, jacuzzi en swembad asook saamkuier geriewe. Kumnandi Lapha Gastehuis beskik ook oor ses en-suite kamers wat ingerig is met eie badkamer en DSTV. Die uitsig oor die tuin is ook asemrowend mooi, veral met sonsopkoms en sonsondergang. Die oornagtariewe is ongeveer R240 per persoon wat deel en hierby word ontbyt ingesluit. Die gastehuis beskik ook oor gerieflike konferensie fasiliteite. Die Kwêvoël personeel kon nie uitgepraat raak oor dié pragtige plek en sy wonderlike sjef, Willie nie. Die kos is regtig iets om na uit te sien, so, bespreek vroegtydig en neem die hele familie saam na Kumnandi Lapha Gastehuis. Sowaar iets wat jy nie moet misloop nie. Die gastehuis is oop Maandag tot Sondag, 08:00 tot laat en etes moet vroegtydig bespreek word by Willie by 082 054 6187.

One Response to “Goeie kos en goeie diens in die hartklop van die Bosveld”

  1. Dave McCluskey says:

    Willie,
    Could we please have your e mail address to make reservations for January 2012

Trackbacks/Pingbacks


Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.

Download Die Kwêvoël

Become a fan on Facebook

Die Kwêvoël on Facebook

Gallery

Dewside beer Paragliding Kumba Nationals 4x4 by Thabazimbi Expo Potjiekoskompetisie SDC12098 Thabazimbi Vloed 20.gif Marakele Eko roete Visvang Dewside beer

Weather Forecast

May 18, 2012, 2:13 am
Clear
Clear
7°C
real feel: 7°C
humidity: 45%
wind speed: 1 m/s NW
sunrise: 6:40
sunset: 17:33
Forecast May 18, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s WNW
wind gusts: 2 m/s
Forecast May 19, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s NW
wind gusts: 2 m/s
More forecast...
 

Archives

 

June 2007
M T W T F S S
« May   Jul »
 123
45678910
11121314151617
18192021222324
252627282930  

Site protected by VNetPublishing.Com Web Security Tools