Categorized | General

Expo 2007 bars uit sy nate

Die Thabazimbi Expo het vanjaar bewys dit het sy kinderskoene ontgroei en almal het ‘n onvergeetlike, suksesvolle drie dae beleef. Volgens Tanya Veldman, Toerisme, Bemarking en Expo-koördineerder, het die Expo vanjaar hul stoutste verwagtinge oortref.
Ten spyte van die feit dat vanjaar se fees net oor drie dae gestrek het, in vergelyking met verlede jaar se vyf, het ongeveer 30 000 mense deur die hekke gestroom. Verlede jaar het ongeveer 27 000 mense die Expo besoek. Net op Donderdag 26 April het 5300 persone vanaf 5-uur die middag deur die hekke gestroom. Die optredes van Bok van Blerk en Robbie Wessels die aand het hier beslis ‘n rol gespeel. Oor die algemeen is al die kunstenaars goed deur die Expogangers ondersteun.
Die swaar neerslae, sterk wind en kragonderbrekings kon geen demper op die Expo plaas nie en dit bewys net hoe gewild die Expo is. “Thabazimbi kan homself op die skouer klop, die bemarkings-waarde wat die dorp uit die Expo geput het, is onskatbaar,” sê Tanya. Tanya sê die Expo is verseker die grootste in die Waterberge en heel moontlik ook die grootste in die Limpopo-provinsie. Die Expo is stadig maar seker besig om uit sy nate te bars en die komitee begin alreeds koppe bymekaar sit om logistieke probleme soos genoegsame parkering, toiletgeriewe en toegangshekke aan te spreek. Indien die getalle aanhou groei, sal daar moontlik ook gekyk moet word na ‘n nuwe perseel waar die fees aangebied kan word.

Vir Tanya was dit ook vanjaar ‘n bewys dat die gemeenskap baie lojaal is teenoor die fees, deur net te kyk na die deelname aan die verskeidenheid aktiwiteite. In die verlede het die mense maar meestal op die kantlyn gestaan. Vanjaar het hul egter vuur en vlam ingeklim en meegemaak aan al die sports.
‘n Impak-studie gedoen deur die Universiteit van Pretoria behoort teen einde Mei afgehandel te wees en dié inligting word deur die komitee gebruik as deel van hul beplanning vir volgende jaar se fees. Die studie-uitslae sal ook later in die Kwêvoël bekendgemaak word.

More information on Thabazimbi Expo

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.

Download Die Kwêvoël

Become a fan on Facebook

Die Kwêvoël on Facebook

Gallery

Golf                    4x4 Wildsritte in Thabazimbi            Dewside beer SDC12099 Dewside beer miswolke_thabazimbi Visvang Marakele Paragliding Kumba Nationals

Weather Forecast

February 8, 2012, 9:40 am
Sunny
Sunny
26°C
real feel: 29°C
humidity: 58%
wind speed: 0 m/s ESE
sunrise: 5:52
sunset: 18:57
Forecast February 8, 2012
day
Partly sunny with thundershowers
Partly sunny with thundershowers
32°C
wind speed: 1 m/s WNW
wind gusts: 3 m/s
Forecast February 9, 2012
day
Intermittent clouds
Intermittent clouds
32°C
wind speed: 2 m/s N
wind gusts: 3 m/s
More forecast...
 

Archives

 

May 2007
M T W T F S S
« Apr   Jun »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031  

Site protected by VNetPublishing.Com Web Security Tools