Categorized | Health

Wat sê die vet?

Hierdie week behandel dr B Masschelein inenting en sy sê “‘n ons voorkoming is beter as ‘n pond genesing” en volgens haar ‘n perfekte nuwejaars besluit. Inenting beskerm jou huisdiere teen besmetlike siektes wat algemeen in Suid-Afrika voorkom.
Die inentingprogram saam met die ontwurming skedule moet reeds op die ouderdom van agt weke begin word. Dit is die tyd wat moederlike vrystelling afneem (as die teef ingeënt was) en die aanteel vatbaar raak vir siektes.
Canine Parvovirus enteritis (katgriep) is ‘n dodelike siekte wat geld kos om te behandel. Dit vernietig die binnekant van die derm en die dier ontwater, teer uit en bloedvergiftiging kom voor.
Om die derm te herstel behels ‘n lang hospitalisasie op ‘n drup en die dier neem lank om te herstel. Die kiem in die dier dier se braaksel en ontlasting in die omgewing is vir ses maande of meer aktief en mag ander oningeënte diere aansteek aangesien dit moeilik is om die kiem met ontsmettingsmiddels te vernietig.
Die distemper (hondesiekte) virus is ook moeilik en duur om te behandel en hierdie diere kan op die lang termyn breinskade oorhou. Dié virus is nou familie van rinderpes en masels en entstof in jong diere beskerm hulle teen vyf besmetlike siektes.
Buiten hierdie besmetlike siektes, moet ingedagte gehou word dat mense die siektes kan opdoen. Deur jou troeteldier te beskerm, beskerm jy jou gesin teen siektes soos hondsdolheid en haakwurm wat deur diere oorgedra word.
‘n Besoek aan jou veearts, is die beste voorkoming en beskerming vir jou gesin en dier.

6 Responses to “Wat sê die vet?”

  1. Surina says:

    My 6 maande oue Jack Russel het katgriep – hy is behandel vir ‘n week lank met ‘n drip en inspuitings. Hy is nou terug by die huis maar hy wil nie eet nie, hy drink water en braak glad nie meer nie. Ons gee rys en hoendervleis maar hy vat 2 happies dan loop hy weer. Ek is baie bekommerd aangesien hy honger lyk maar nie wil eet nie. Wat kan ek doen?

  2. Hanri says:

    My hond is dood aan katgriep,hoe kry ek katgriep uit my huis en erf?Help asb?

  3. Minki says:

    My een jack russel was ‘n week behandel vir katgriep maar dit nie gemaak nie, ons het die ander een wel gevat vir haar spuite, en ekt dadelik ontslae geraak van al die speelgoed en beddegoed wat die 2 gedeel het, maar nou na 5 dae begin die oorblywende hondjie ook tekens van katgriep toon, die dr het wel gese sy sal na ‘n paar dae begin olik raak van die spuite, syt wel nou nog net een keer gebraak maar eet nie en le net, haar tandvleise is ook nog mooi pink, wat gemaak?

  4. yolande says:

    helo
    kan jy dalk raad gee oor ons kat? sy is nie lekker nie as ek verduidelik wat haar simtone is sal jy dalk idee he wat fout kan wees.
    laat weet asb
    yolande

  5. Conrad Pearson says:

    Hi,

    My 2 jaar oue boerboel het n siekte (dit lyk soos brandsiek by skape).

    In die winter is dit minder en hy het sy hare, maar kom ander seisoene dan skuur en krap hy teen als om van die jeuk ontslae te raak.

    Hy het al slegte “eelte” oral op sy lyfvan die skuur.

    My VET het n pil voorgeskryf wat dit van binne beheer maar dis kostelik en werk net vir n rukkie dan is die krappery maar weer terug.

    Kan julle dalk iets voorstel wat ek kan gebruik om hom te help, hy verloor erg sy hare en ek kry hom regtig jammer.

    Hoop om gou van julle te hoor.

    Baie dankie

    Conrad Pearson

  6. Monique says:

    Hi, kan katgriep oorgedra word aan mense en Chinchilla’s?
    hoe raak ek ontslae van die katgriep in my jaard? is dit in my grond?
    help asb? my hondjie le in die hospitaal met katgriep en hy moet moontlik ‘n plasma oortapping kry en ek wil net seker maak die ander word nie aangesteek nie? en bid asb dat my hondjie oorleef? groot asb?

Trackbacks/Pingbacks


Leave a Reply

Download Die Kwêvoël in PDF

List your business free

Thabazimbi Business Directory

Follow us on Facebook

Top content

Ads

Archives

January 2006
M T W T F S S
« Oct   Feb »
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031