Die muisplaag wat reeds vir weke, selfs langer, die omgewing teister, kan doeltreffend deur uile beheer word. Die pad tussen Amandelbult en Northam is spierwit soos voertuie die muise trap wat oor die pad beweeg.
Muise teel vinnig aan en kan in een nag tot 4 kilometer beweeg. Dié plaag kan egter biologies beheer word indien boere hokke vir nonnetjie-uile op hul plase oprig. Hierdie metode word reeds sedert die 19de eeu met groot welslae toegepas.
Vier jaar gelede het mnr Quartus Laubscher, ‘n boer van die plaas Cloeteskraal naby Hopefield in die Sandveld, sy eerste uil hokke opgerig en spog reeds met 60 volwasse uile op sy plaas. Die nonnetjie-uil is ‘n spesialismuisvanger wat feitlik oor die hele Suid-Afrika voorkom. Enige plek waar muise ‘n las is, kan hierdie uile die probleem oplos. Hierdie uile vang normaalweg ongeveer twee muise per dag, maar vangste van 32 muise per dag is al aangeteken waar daar kuikens in ‘n nes is. 60 Uile kan dus 43 800 muise per jaar vang en al klink dit baie, is dit nie naastenby genoeg om die muisplaag in Cloeteskraal te beheer nie.
Hoewel die vestiging van uilhokke ‘n nuwe konsep in Suid-Afrika is, word daar gereken dat drie hokke per 100 ha voldoende is om nagmuise doeltreffend te beheer.


hoe bou mens so n hok
Hoe lyk ‘n hok vir uile, en waar kan ek ‘n nonnetjiesuil kry?
Ek sal graag ‘n uil hok in my tuin wil laat installeer om uile te lok. Ek het al uile in my tuin op gemerk. Ek bly op Nelspruit en weet nie waar om so hok te bekom nie. Kan u dalk help
Ek is op soek na planne om n uil hok te bou vir kat oor uile hier is gereeld twee op my dak
Wil graag weet hoe ‘n mens ‘n uil hok bou
Ek is op soek na beskrywings ens. oor uile. Moet ‘n projek doen vir skool en nodig inligting. Kan u my help om ‘n web site vir my te stuur wat in afrikaans is sodat ek die inligting kan kry.
baie dankie
Is daar nie ‘n plek waar ‘n mens so uilhok kan koop nie. Ek wil nie eers probeer om een te maak nie. Indien nie waar sal ek planne kry vir een . Ek ken darem iemand om dit te kan maak.Kan enige-iemand ook raad gee waar mens so hok moet opsit.
Hoe maak ek ‘n uil hok
Ek sien gereeld uile op my plaas in Hartebeestpoortdam omgewing en sal graag uilhokke wil bou.
Waar kan ek sulke planne bekom of ‘n foto van een kan kry.
Groete
Ons bly op ‘n plaas in die Warmbad
omgewing, ons het baie muise en wil
graag uil hokke bou. Waar kan ons navrae doen of so ‘n hok bekom.
Ek wil ook graag ‘n uilhok op my werf sit.Ek woon in ‘n garden cottage en het nie bome in my tuin nie. Die garagemuur sal die ding moet doen as dit sal werk.Ek hoor daar is uile in die omgewing.Ek woon in Roodekrans. Waar kan ek so uilhok koop?
Ek bly in Vanderbijlpark en sal graag meer inligting oor die bou ban ‘n uilhok wil hê. Sal die uile vanself daar intrek?
Hoe bou mens 'n uil hok
Hi ek bly op ñ plaas in Albertinia. Ek kan met dankbaarheid sê ek het 2 uile in my bloekombome agter my huis. Ek is so trots op hulle praat elke dag met hulle ek sal ook daarvan hou om te weet hoe die hok lyk dan kan ek een in die boom sit vir hulle help my asb
Hi Tania het jy al n plan gekry hoe om n hok te bou. Ek soek ook planne maar weet nie waar om dit te kry nie.
Uil hokke.
In die laaste uitgawe van Die Kwêvoël van 2008 is daar volledige instrusies vir die maak van hokke vir spesifieke spesie uile.
Laai die PDF formaat af.
Pieter Coetzee – Die Kwêvoël
Lesers kan http://www.ecosolutions.co.za/ the-owl-box-project/ naslaan. Nie een van die mense – meestal boere – vertel egter nie dat die uile vreeslik in en om hulle hokke mors. Ule is nie sindelike voëls nie. Dink dis liefs weer voordat daar hokke in dorpserwe opgerig word.
Ek sal ook graag wil weet waar ek kan uitvind hoe ek so hok kan bou?
Gaan na http://www.ewt.org.za/images/uploaded/workgroups/7Owl%20nest%20boxes.pdf vir instruksies om ‘n uilhok te bou
Hoe lyk ‘n uilhok en hoe kan ek een bou? ‘n Skets met afmetings sal help. Waar plaas ‘n mens so ‘n hok?
Ek bly in Nylstroom en wil graag inligtiing hê hoe om uilneste in my erf te kry. Waar kan ek die neste koop.
Kan Mnr. Laubsher nie vir ons planne gee van so ‘n hok nie. Dit blyk duidelik uit al die kommentaar, dat dit die prioriteit vraag is. Buiten dat muisplae beheer kan word, word uile dan ook beskerm teen rottegif.
Asseblief ons soek na uilhokke. Kan julle ons laat weet waar ons dit in die hande kan kry.
Hi, Ons bly op ‘n kleinhoewe. Daar is nog nie baie huis gebou op die plek nie. Ons wil verhoed dat hul wegtrek uit die omgewings. Hier is uile wat snags kom jag vir muise ens. Ons wil graag ‘n uilhuis bou vir hulle . Hulle kan kom en gaan soos hul wil. Wil hul te beskerm.
Kan jy vir ons afmeting en sketse stuur. Om vir ons nice uile ‘n huis te bou. Baie dankie
Wie kan mens help met die kry van uil hokke en wat mens moet doen om uile te vestig.
Voorbeelde van nonnetjie uil hok aasb?
Ons het verlede jaar in samewerking met ford en S A Jagters vereninging begin met die uil projek en bou hokke teen ‘n billike prys. Bewaring bewaring bewaring.
Kan jy asb vir my planne stuur vir die bou van uil hokke dankie
WAAR KAN EK MEER INLIGTING KRY OOR DIE MAAK VAN UIL HOKKE.
Kan u asb vir my inligting gee waar ek ‘n uilhok kan bekom? Ek bly in Durbanville in die Kaap en wil graag ene aanskaf.
Baie dankie
Ek wil graag `n uilhok bou en soek `n plan om dit te maak,kan jy my help, groete ,Fred
Ek wil graag ‘n uilnes bou en soek planne oor hoe om te maak. Groete Lionel
Waar kan die planne vir uilneste/kaste bekom word
groete
Johan
Kan u vir my n voorbeeld stuur van n uil hok
Ek boer in Worcester area en wil uilhokke oprig, Waar kry ek planne vir die hokke
Dankie
Nico