ATKV vergader

THABAZIMBI – ATKV lede word opgeroep tot ‘n tak vergadering in die NG kerksaal. Die vergadering vind plaas op Woensdag, 16 Maart om 19:00. Lede en diegene wat graag lede wil word, word almal vriendelik uitgenooi. Die ATKV doen ‘n beroep op almal om die vergadering by te woon, sodat gebeurtenisse vir die jaar beplan kan word. Vir verdere inligting skakel vir Venter Combrink by 083 395 2768.