DIAMANTE – ‘n Swaan van ‘n ander kleur – Vroueblad

Diamante, die simbool van ewige liefde en ‘n belofte van ‘n gelukkige huwelik, betree met die nuutste toevoeging van kleurrykheid, ‘n nuwe terrein in die modewêreld.
Gekleurde diamante, in gesofistikeerde lig sjokolade bruin en skakerings van geel, is deesdae te bespeur in elke mode tydskrif op die mark. Die pienkes het in 2002 in die ponietydskrifte geboer nadat Ben Affleck vir Jennifer Lopez ‘n 6.1 karaat knewel aan die vinger gesteek het, dieselfde jaar het die gesogte Beckham familie ‘n pienke aangeskaf en moenie die verloofring van 4 karaat wat Enrique Iglesias aan Anna Kournikova gegee het, vergeet nie.
Hierdie gekleurdes vind in die natuur as gevolg van strukturele vervorming en chemiese onsuiwerhede plaas – mooi gestel: die lelike eendjies van diamante.
Maar dit is reeds die kleur wat dié steentjies so gesog maak – hoe ryker die kleur, hoe meer raar die diamant, en natuurlik hoe duurder. Die grootstes en bestes kan in die privaat versamelings van die baie baie rykes gevind word.
Terwyl dit tog deesdae moontlik is om die kleur kunsmatig te dokter, lê die skoonheid van die natuurlik gekleurde diamant juis in sy raarheid. Slegs een uit 10 000 diamante is gekleurd.