Rooiberg Properties vergroot agentskap

ROOIBERG – Rooiberg Properties te Rooiberg het sy agentskap met vier gekwalifiseerde eiendomsagente vergroot.
Gordon en Annalize Panman is ou inwoners van Rooiberg en is die eienaars van Rooiberg Properties. Hulle woon in die “Spookhuis” op die dorp en sover vasgestel kan word is hierdie huis in die jaar 1908 gebou en het dit die destydse landmeter van die myn gehuisves. Waar hierdie naam vandaan kom, kon nog nie vasgestel word nie.
Met toekomstige ontwikkelinge in die omgewing en die toename van stadsinwoners op soek na ‘n rustige lewe in ‘n gemeenskap wat omgee, is daar besluit om die agentskap uit te brei.
Die agente wat hul kragte nou saam met Gordon en Annalize gesnoer het, is Marie van Gass, Priscilla du Toit, Jannie Badenhorst en Leticia Chamberlain.
Hierdie agente is almal permanente inwoners van Rooiberg en beskik oor jare se ondervinding in die eiendomsbedryf.
Rooiberg Properties spesialiseer in alle soorte eiendomme (huise, plotte, plase ensovoorts) en met die nuwe aanstellings kan ‘n persoonlike en professionele diens aan al sy kliënte gelewer word.
Hulle kan gekontak word by 083 266 7959 of (014) 734-1669 vir enige navrae.