Wynveiling groot sukses

THABAZIMBI – Die wynveilingdinee wat verlede Vrydag deur die AP Kerk en Bosveld Akademie aangebied is, was ‘n groot sukses. Altesaam 235 bottels wyn is opgeveil deur mnr Ockie Goosen (afslaer) en die hoogste bod van R400 is toegestaan op ‘n bottel Springfield Chardonnay.
Die panfluitspeler, Ryan Walt en die minnesanger, Steven Sterling, Walt se broer, het die gaste vermaak met hul uitstekende talent. Die ete, wat bestaan het uit ‘n seekos sosatie as voorgereg, wildspastei, piepkuikens, groente en slaai as hoofgereg en ‘n pikante room skuimkoek as nagereg, was uit die boonste rakke.