VLU Valentyns tee

THABAZIMBI – Al die dames van die VLU en alle vriendinne word vriendelik uitgenooi om die oggend van 15 Februarie, ‘n Valentyns tee saam met hulle te geniet. Alle dames moet ‘n hoed en sakgeld saam bring. Die hoed sal deel uitmaak van die toegang en die sakgeld sal wees vir die heerlike koek en tee wat in Marietjie Conradie se tuin geniet gaan word. Die Valentyns tee word by Elshaddai Gastehuis, 12 Dahalia straat, Thabazimbi, aangebied. Die oggend se verrigtinge sal reeds om 09:00 vir 09:30 begin.