Setaria se Valentynsbus kry groot aftrek

THABAZIMBI – Die Setariabus wat Thabazimbi se leerders vervoer, het Maandag groot aftrek gevind met hul vrolike Valentynsbus. Me Adriana Holloway sê dit is al ‘n jaarlikse instelling dat hul bus op Valentynsdag met rooi ballonne en harte versier word.
Die kinders was heel ingenome met hierdie bus-tannie van hulle met die oorspronklikheid wat sy weereens aan die dag gelê het. Die wat nie so bevoorreg was om ‘n passasier te wees nie, het met groot verwondering die bus agterna gestaar.