Midas Marathon nuus

THABAZIMBI – Atlete van die Bosveld Midas Marathonklub is hard aan die hardloop en het weer aan twee byeenkomste deelgeneem. By die Sasolburg Marathon en Halfmarathon, 5 Februarie, behaal die volgende drie atlete onderskeidelik brons medaljes:
Gerrie Raubenheimer – 21.1 kilometer (1.45.00), Karin Black – 21.1 kilometer (2.12.00) en Lionel Black – 42.2 kilometer (3.25.00). Iwalda Bezuidenhout het ook aan die 42.2 kilometer wedloop deelgeneem, maar moes as gevolg van ‘n knie besering, onttrek.
Met die Platinum Marathon te Buffelspoort, 12 Februarie, behaal die volgende atlete ook onderskeidelik ‘n brons medalje: David Potgieter – 42.2 kilometer (4.00.00), Barend Schlebush – 42.2 kilometer (4.06.00) en Johan Strauss – 42.2 kilometer (4.53.00). Dit was die eerste wedloop in 14 jaar waaraan Strauss weer deelgeneem het.
Lede word herinner om hul tye en afstande deur te gee aan Louis la Grange by 084 440 3690.