Herlisensiëring van vuurwapens

THABAZIMBI – Herlisensiëring van jou vuurwapen word vanaf verlede jaar wetlik verplig. Special Asset protection Services het reeds vanaf Junie 2004 ongeveer 400 kliënte opgelei in herlisensiëring alleen en sertifikate uitgereik.
Hierdie opleidingslokaal is, soos wat die vereiste is, geakkrediteer by die polisie sowel as Poslec Seta. Hul instrukteurs, Jaap en Jaco, is opgeleide oud polisiemanne wat deeglike kennis van die wet en vuurwapens het. Jaco is ook reeds as assessor deur Poslec geregistreer en het ook reeds sy Moderators kursus voltooi.
Met herlisensiëring benodig Poslec net ‘n gesertifiseerde afskrif van u vuurwapen lisensie en u ID dokument. Die opleiding duur net een uur waar u in lyn gebring word met die nuwe wetgewing. ‘n Oopboek toets word dan afgelê wat rustig by die huis geskryf kan word en weer ingehandig word. Totale kostes beloop R300.00 en word nie per vuurwapen gehef nie.
Vanaf 1 Februarie is daar egter ‘n spesiale prys. Groepe van tien en meer per groep, betaal slegs R250.00 per leerder by Thabazimbi se lokaal. Vir enige verdere navrae of besprekings kan René Vos gekontak word by (014) 772 1309.