Bosveld Akademie atlete presteer

THABAZIMBI – Bosveld Akademie se atlete het verlede Saterdag, 12 Februarie, aan die Suidstreek atletiekbyeenkoms te Potgietersrus deelgeneem. Veertien van hierdie atlete verbeter 24 Suidstreek rekords.
Die rekord brekers was: Gerhard Penzhorn (gewigstoot), Jan Karel Trichardt (110 meter hekkies), Jean Mari Lawrence (80 en 100 meter) Koos du Plessis (gewigstoot en spiesgooi), Melissa van Wyk (1500 meter), Sanél Steyl (verspring en gewigstoot), Gert du Plessis (100 meter hekkies, spiesgooi, 400 meter en verspring), Riaan Meyer (spiesgooi en verspring), Suretha du Plessis (spiesgooi en gewigstoot), Belinda Swanepoel (verspring), Nico Roets (1200 meter), Heinrich van Vuuren (verspring), Corné Lemmer (gewigstoot en spiesgooi)en Ernst Trichardt (hoogspring).