Veelsydige onderrig by Kleuter Akademie

THABAZIMBI – Thabazimbi Kleuter Akademie het vanjaar geopen en afgeskop met 42 kleuters.
Die Akademie, wat ook naskool leerlinge akkommodeer, is in Hoërskool Frikkie Meyer se Impala Koshuis geleë.
Die kleuterpakket sluit in Kindermuzik en rekenaarklasse vanaf 2 jaar. Die program is fibonacci en goggabos.
Vanaf 3 jaar leer die kleuters ook Engelse taalvaardigheidsklasse, ballet vir die dogters en playball vir seuns.
Buiten die gekwalifiseerde kleuterskool onderwyseresse, spog hulle ook met ‘n geregistreerde verpleegkundige.
Die leerplan wat hulle volg is om die kinders se kreatiewe, emosionele, kognitiewe en intellektuele denkte te stimuleer.
Die speelgrond is ruim en veilig met ‘n sandput en klimrame. Twee gebalanseerde etes, ontbyt en middagete word voorsien met koeldrank en broodjies tussenin.
Die naskoolsentrum bestaan huidig uit 16 leerlinge. Die kinders word direk by die laerskool opgelaai. Na ‘n gebalanseerde middagete is dit huiswerktyd met hulp.
Die musieksentrum en swembad is binne loopafstand.
Kinders wat nie buitemuurse aktiwiteite het nie, kan na al die huiswerk klaar is gaan speel. Daar is ook verskeie bordspeletjies om die tyd te verwyl.
Vir meer besonderhede of besprekings, skakel Charline van der Walt by 072 579 0070.