Stoei Klub

SETARIA – Rhino Stoei Klub is weer druk aan die gang en op 22 Januarie, het daar alreeds ‘n vriendskaplike byeenkoms plaasgeving by Magol Stoei Klub te Ellisras. Alle afrigters het dan ook op 29 Januarie, ‘n afrigterskurses bygewoon wat aangebied was by die Magol Stoeiklub. Vanaf die Limpopo streek het 18 afrigters die kursus suksesvol afgelê. Rhino stoei  Klub spog met ‘n ledetal van 54. Stoei is nie meer ‘n sport net vir seuns nie, meisie neem deesdae ook geesdriftig aan die sportsoort deel. Verpleeg personneel is deurentyd teenwoordig  tydens oefeninge en byeenkomste, ingeval daar ‘n  besering sou voorkom. Ouers kan gerus hul kinders bring om te kom kyk hoe lekker en interessant die sportsoort is, en dalk sommer vir boetie of sussie inskryf  by die klub. Rhino Stoei Klub oefen op Maandae en Woensdae om 18:00 in die Northam Platinum Ltd Rekreasie Klub saal. Ledegeld beloop R50 per maand per gesin. Belangstellendes kan gerus vir Len kontak by (014) 785-0152  of  082 864 8378.