Sewe HFM swemmers haal Provinsiale span

THABAZIMBI – Die afgelope naweek het sewe van HFM se swemmers Provinsiale span gehaal en sal hulle die provinsie verteenwoordig by die SA’s vanaf 4 tot 6 Maart. Hulle is John Johnston, Hendrik Storm, Roswell Aspeling, Christo Pienaar, Johann Coetzee, Rhoné Rheeders en Marèli Storm.
HFM het altesaam 25 medaljes verower. Rhoné Rheeders – twee goue medaljes (200 meter vlinderslag en 400 meter IM), een silwer medalje (100 meter vlinderslag) en twee brons medaljes (400 meter kruipslag en 200 meter IM). Marèli Storm – twee goue medaljes ( 200 meter IM en 100 meter borsslag), twee silwer medaljes ( 200 meter bors- en 200 meter vlinderslag) en drie brons medaljes (400 meter kruip-, 50 meter bors- en 100 meter vlinderslag.
John Johnston – drie silwer medaljes (100 meter- en 50 meter borsslag asook 100 meter vlinderslag) en een brons medalje (200 meter IM). Christo Pienaar – een silwer medalje (50 meter borsslag) en twee brons medaljes ( 200 meter- en 100 meter borsslag).
Johan Coetzee – vier brons medaljes (50 meter-, 100 meter- en 200 meter vlinderslag onderskeidelik en 100 meter kruipslag). Michelle Johnston – een brons medalje (100 meter vlinderslag). Nikki Ravenscroft – een brons medalje (100 meter borsslag).