Laerskool Thabazimbi spog met ses provinsiale swemmers

THABAZIMBI – Laerskool Thabazimbi het tien swemmers wat 28 en 29 Januarie aan die Limpopo swemkampioenskappe deelgeneem het. Ses van hierdie swemmers is in die provinsie se span opgeneem en gaan 5 en 6 Maart teen ander provinsies in onderskeidelik Bloemfontein en Durban deelneem.
Ulrich Aspeling (O/10) behaal eerste plek in die 50 meter borsslag. Jacques Janse van Rensburg (O/10)  behaal tweede plek in onderskeidelik 50 meter rug- en vlinderslag. Heinrich Wilsenach (O/11) behaal tweede plekke in onderskeidelik 200 meter IM en 100 meter vlinderslag. Hy behaal ook twee derde plekke in 100 meter vry- en 100 meter rugslag.
Anri Prinsloo (O/13) behaal derde plek in 200 meter borsslag. Wikus Stevenson (O/14) behaal ook ‘n derde plek in die 100 meter vlinderslag. Suzanne Janse van Rensburg behaal sewe eerste plekke in onderskeidelik 200 meter IM, 100 meter vryslag, 200 meter rugslag, 200 meter vryslag, 50 meter vryslag, 100 meter rugslag en 400 meter vryslag.
Sy behaal ook verder drie tweede plekke in 50 meter rugslag, 100 meter vlinderslag en 50 meter vlinderslag.  Suzanne swem ook twee derde plekke los in 50 meter borsslag en 100 meter borsslag.