Gebruik jou geskenk van Wild Surfer

THABAZIMBI – Wild Surfer skenk vir die volgende drie weke ‘n R50 aankoopbewys wat deur Die Kwêvoël lesers gebruik kan word. Hierdie R50 koopbewys kan jy op jou aankope spandeer, ongeag hoeveel jy koop. Elke koopbewys is geldig vir een week en elke persoon kan net een koopbewys per week benut. Wilhelm van Tonder, eienaar van Wild Surfer, sê vir die volgende paar weke, sal die winkel heelwat nuwe voorraad ontvang.
Wild Surfer het ‘n groot verskeidenheid bekende handelsname T-hemde, kortbroeke, oopknoophemde, hoede, skoene, plakkies, swemdrag, beursies en sportsakke. Dus het jy ‘n wye verskeidenheid keuse waarop jy jou R50 koopbewys kan spandeer. Valentynsdag lê ook net om die draai.
Gebruik hierdie lekker meervalletjie elke week, want die wat die kans benut gaan in die toekoms nog ‘n verdere verassing kry. Knip dadelik jou koopbewys uit, wat in Wild Surfer se advertensie in Die Kwêvoël is. Elke koopbewys is net geldig vir een week en jy kan elke week die nuwe koopbewys benut.