Rugbykoors loop reeds sterk

THABAZIMBI – ‘n Nuwe jaar het aangebreek en rugbykoors is alweer sterk in die omtrek, so het Thaba se nuwe rugbyseisoen dan ook begin en amptelik het rugby Maandagaand 18h00 afgeskop.
Daarna sal oefeninge elke Maandag en Woensdag om 18h00 wees.
Hierdie jaar is daar vir die spelers weer baie te bied deur Thaba
rugby. Vyf vriendskaplike wedstryde, waaronder die Roodepoort dag, is reeds op die program. Die wedstryde is as volg:
26 Februarie – Brits
5 Maart – Roodepoort dag
12 Maart – Swartklip dag
19 Maart – Pretoria Tuine
26 Maart – Jan Niemand Park Pretoria
Dan is daar die Mining News wat nou oop is en die klub die geleentheid bied om hul spelers almal daarby te betrek. Dit vind soos gewoonlik in Julie plaas.
Kom ondersteun die klub en sorg daardeur dat dit ‘n groot jaar vir Thaba rugby gaan wees.
Kontak persone:
Koos Steenekamp 0835664146
Johan Smalberger 0833050396
Jan Engelbrecht 0833383662