Ons lesers skryf – Krane sonder water

Graag verwys ek na Die Kwêvoël van Vrydag, 21 Januarie se artikel “Inwoners kla oor munisipale dienste”. Dankie Kwêvoël vir jou hulp dat jy volgens die artikel gaan navraag doen het en dit so aan ons oorgedra het. Dankie vir al die datums vir Desember wat ons sonder water was en dan tevrede moes wees met bruin, vuil, ondrinkbare slegte water. Klink dit bekend?
Ek wil nog ‘n datum byvoeg. Vrydag, 21 Januarie was daar vir baie ure alweer leë krane! Dit is ‘n krisis in Korhaanstraat en ons kla so saam-saam. Genoeg is genoeg. Wat gaan ons doen? Die munisipaliteit se rekening kom met die laaste betaaldag se datum. Betaal jy nie, het jy groot moeilikheid. Nee mense, ons is aan die kortste end. Ek stel voor ons gee Korhaanstraat ‘n nuwe naam: “Krane- sonder-waterlaan”. Paslik en in die kol. Wat sê julle Korhaners?
Rita Jacobs.