Luiperd Ope skietkompetisie

THABAZIMBI – Thabazimbi Kommando het in 2004 ‘n ou skietkompetisie laat herleef wat alle verwagtinge oortref het. Dit is aangebied onder die naam Die Luiperd Ope Skietkompetisie.
Skuts van weermageenhede het van heinde en verre gekom om deel te neem aan die kompetisie. Thabazimbi het baie lof ontvang vir die aanbieding en unieke trofees wat gewen is. Na die sukses van die 2004 aanbieding is daar besluit om hierdie kompetisie weer aan te bied. Die volgende Luiperd Ope vind op 26 Februarie 2005 plaas.
Kamp- en verblyf geriewe word gereël vir skuts wat van ver kom. Weermageenhede en lede van ander amptelike gewapende magte word uitgenooi. Deelname geskied slegs met ‘n R4- of LM5 geweer. As jy nie self kan skiet nie, kan jy die dag se vermaak meemaak as toeskouer. Dit is een van die grootste gebeurtenisse by die plaaslike kommando.
Goeie oefening vir die kompetisie vir Thabazimbi Kommando lede, kan reeds die vorige Saterdag, 19 Februarie ingekry word wanneer die interne skietkompetisie voortgesit word met ‘n Boslaan skietoefening op die kommando terrein.