Vermiste persoon verdrink

THABAZIMBI – ‘n Vermiste man, Frans Dinao (39), se liggaam is Maandag by die Elandskuilrivier laagwaterbrug gevind. Dinao is 14 Januarie as vermis aangemeld nadat hy op 11 Januarie laas lewend gesien is.
Die oorledene het op Northam Platinum myn gewerk, en het gewoonlik deur die Elandskuilrivier geloop om sy woning te bereik. Na wat berig word het hy 03:00 die oggend van 11 Januarie die rivier oorgesteek. Hy is nie weer lewend gesien nie, en ‘n jong seun wat Maandag by die laagwaterbrug visgevang het, het op die reeds ontbinde liggaam afgekom.
Geen gemene spel word vermoed nie.