Bosveld Akademie leierskamp

THABAZIMBI – Bosveld Akademie se leerlingraadslede het die naweek van 14 Januarie, ‘n leierskamp te Trekpad Safari’s bygewoon. Hoërskool Frikkie Meyer en  Potgietersrus CVO was ook teenwoordig. Die naweek was geborg en aangebied deur Sanlam, Thabazimbi, en Tokkie Swanepoel het dit georganiseer.
Die hoofdoel van die naweek was om elke leerling leiding en aanwysings te gee wat ‘n belangrike rol in hul keuse vir toekomsplanne sou speel. Die Neetling Brein Toets is deur Tania Rautenbach van Primewise HR Consultants gedoen.
Die leerlinge was bederf deur die uitmuntende gasvryheid van Trekpad Safari’s en Leadwood Lodge en is met nuwe ywer terug na hul onderskeie skole.