Categorized | General

Inskrywings vir ATKV-Prosaprys ingewag

Die ATKV-Prosaprys van R23 000 word jaarliks toegeken aan die beste en gewildste Afrikaanse prosawerk wat in die voorafgaande kalenderjaar verskyn het. Met die Prosaprys word nie net goeie, gewilde prosa bekroon nie, maar word gepoog om leeslus onder die “volk” aan te wakker en dus die Afrikaanse taal in die algemeen te bevorder. Inskrywings word ingewag.
Die ATKV-Prosaprys word reeds sedert 1984 toegeken en vorige wenners sluit geliefde skrywers soos Dalene Matthee, Etienne van Heerden, Jan van Tonder, Riana Scheepers, Marita van der Vyver, Corlia Fourie, Deon Meyer en Marzanne Leroux-van der Boon in.
Die wenners word gekies deur ‘n paneel van sewe beoordelaars bestaande uit vyf ingeligte lesers, ‘n verteenwoordiger van die kommunikasiemedia en ‘n biblioteekkundige. Dié prys is bedoel vir werke wat sal byval vind by die groter leserspubliek. ‘n Lekkerlees-storie sal daarom deurslaggewend wees by beoordeling.
Gewildheid by die groter leserspubliek met hulle smaak, waardes, oortuigings en behoeftes weeg deurgaans swaarder by die beoordeling as literêre meriete alleen.
Uitgewers en skrywers word genooi om Afrikaanse boeke wat gedurende 1 Januarie 2004 tot en met 31 Desember 2004 verskyn het, in te skryf vir die ATKV-Prosaprys. Die oorhandiging van die prys vind plaas tydens ‘n prestige-geleentheid op 12 Maart 2005 in Gauteng.
Vir meer inligting asook reëls kan Roline Haine gekontak word by (011) 919 9000.

One Response to “Inskrywings vir ATKV-Prosaprys ingewag”

  1. Tania says:

    Where can I see who the top five prosa writers was for 2011?

    Regards

    Tania

Trackbacks/Pingbacks


Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.

Download Die Kwêvoël

Become a fan on Facebook

Die Kwêvoël on Facebook

Gallery

Paragliding Kumba Nationals Thabazimbi Vloed 38.gif Thabazimbi Vloed 33.gif Walter Neser Paragliding Kransberge SDC12115 Thabazimbi Vloed 12.gif Dewside beer

Weather Forecast

May 18, 2012, 2:39 am
Clear
Clear
7°C
real feel: 7°C
humidity: 45%
wind speed: 1 m/s NW
sunrise: 6:40
sunset: 17:33
Forecast May 18, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s WNW
wind gusts: 2 m/s
Forecast May 19, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s NW
wind gusts: 2 m/s
More forecast...
 

Archives

 

December 2004
M T W T F S S
« Nov   Jan »
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
2728293031  

Site protected by VNetPublishing.Com Web Security Tools