Verskoning – Depressie ondersteunersgroep

Verlede week se beriggie aangaande die depressie ondersteunersgroep in Thabazimbi kan dalk tot verwarring lei aangaande wie medikasie kan voorskryf en die verdere behandeling daarvan.
Volgens me Rita du Plessis, wat die ondersteunersgroepie lei, word depressieleiers deur ‘n geneesheer, wat ook die medikasie voorskryf, na ‘n terapeut of berader verwys om die traumatiese snellerervarings deur te werk en te verwerk. Die medikasie wat voorgeskryf word, herstel die fisiologiese wanbalans wat vir die depressie verantwoordelik kan wees. Hierdie medikasie is nie-gewoontevormend en ook nie sogenaamde “Mind altering drugs”, wat wel gewoontevormend is, nie.
Ons maak verskoning vir enige verwarring.
Indien u self ‘n depressielyer is of vermoed dat een van u vriende of familielede dalk aan depressie kan ly, skakel gerus met die depressie ondersteunersgroep by 777 1256.