Thabazimbi Gholfnuus

THABAZIMBI – Die Wildsfees het verlede Saterdag heelparty van die gereelde gholfspelers besig gehou. Die maandelikse Slagspel kon egter wel plaasvind. Jakkie van der Wateren wen met ‘n net 69 en Carel Payne en Hendrik van Niekerk deel die tweede plak met 70.
Vrydag 7 Mei is dit weer Interaksie Gholf. Daar is nog nie spel vir Saterdag 8 Mei en 15 Mei bepaal nie. Dit sal heel waarskynlik IPS of Beterbal kompetisie wees. Hou maar die kennisgewingbord by die klub dop.
Saterdag 22 Mei is dit weer Liga. Dit sou aanvanklik op Nylstroom gewees het maar omdat die baan daar tans onspeelbaar is as gevolg van die ontwikkeling van die behuisingprojek, sal die byeenkoms op Amandelbult wees.
Lede moet ook maar onthou dat die gereelde Sundowner wat elke Woensdag gespeel word steeds die populêrste kompetisie is. Afgesien van die vleisprys wat deur Boere Slaghuis geborg word is daar ook elke keer ‘n koopbewys van Pick ‘n Pay op die spel. Lede kan gerus hierdie spel nog meer ondersteun.

Science Of Sport – Golf

Great Golf Courses Of Southern Africa

Golf: Greatest Ever Moments