Drankies van vroue en meisies gedokter

Die Departement van Medisyne Tygerberg waarsku dat daar ‘n nuwe dwelmmiddel genaamd Progesterex, ‘n klein sterilisasie pil, op die mark beskikbaar is.
Hierdie middel word nou gebruik deur verkragters op partytjies om hul slagoffers te verkrag en terselfdertyd te steriliseer.
Progesterex is beskikbaar aan veeartse om groot diere te steriliseer. Na bewering word Progesterex saam met Rohypnol die sogenaamde “date rape” dwelm gebruik. Soos met Rohypnol, het hulle net nodig om dit in ‘n meisie se drankie te gooi.
Die meisie kan dan die volgende oggend nie ‘n enkele ding onthou van wat die vorige aand gebeur het nie. Progesterex wat net so maklik oplos in ‘n drankie, verhoed dat die slagoffer swanger word van die verkragter en hy hoef nie bekommerd te wees dat hy selfs maande later uitgeken kan word deur middel van ‘n vaderskap toets nie.
Die middel se uitwerking is nie tydelik van aard nie. Progesterex was geformuleer om perde te steriliseer. Enige vrou wat dit inneem, sal nooit die voorreg hê om swanger te word nie.
Skelms kan hierdie middel bekom vanaf enige persoon in ‘n veeartseny skool of enige universiteit.
Dit is so maklik en Progesterex is op die punt om op ‘n grootskaal vrylik bekombaar te raak op kampusse oral oor. Daar is selfs ‘n webblad op die Internet wat mens inlig oor hoe om dit te gebruik.
Die Departement van Medisyne Tygerberg doen ‘n beroep op alle vroue en meisies om onder geen omstandighede drankies te neem by vreemdelinge nie. Koop eerder jou eie drankie (verkieslik die geseëlde bottel tipe) en maak dit self oop of hou die kroegman dop.