Vaalwater hou spog VLU saamtrek

VAALWATER – Tydens die negende VLU-Noord Bosveld Streekskonferensie op Vaalwater het dames van twaalf verskillende takke in die streek opgedaag om mee te ding en te kuier.
Vroeg die oggend reeds het dames van die plaaslike VLU al begin met die aanry van mandjies, plante, potte, bakke, baksels en nog vele ander.
Die konferensie is deur ds Jannie Hamman met skriflesing en gebed geopen. Daarna het die voorsitter van die Bosveldstreek, Desiré Krüss, die gaste voorgestel en die verwelkomings is deur Annatjie Jansen gedoen.
Na verskeie gassprekers hulle deel gedoen het, is die wenners in die onderskeie afdelings aangekondig:
Anette Butler van Northam se dungaree met appliekwerk is as die wenner van Masjienwerk vir beginners aangewys.
In die kategorie borduurwerk was Angie Gillespie eerste met haar teemusoortreksel met lintborduurwerk.
In die Streekskompetisie vir gebak moes die dames kaasstrooitjies maak. Trudie de Beer (van Alma) het eerste geëindig.
Unine Botha se Aarbeikonfyt het die eersteprys opgeraap in die preservering afdeling, Nelie Maré van Vaalwater se dungaree met appliekwerk is as die beste stuk in die Masjienwerk kategorie aangewys.
Emma Enslin van Alma is as die wenner aangewys in die Streeks teemus-kompetisie.
Wilma van der Merwe van Bulgerivier se twee plekmatjies is as die wen items by die kategorie vir hekelwerk aangewys.
Hannie Yssel van Alma se Muurbord versier met Bauernmalerei is as die wenner in die handvlyt kategorie aangewys.
Marlene de Klerk van Baltimore se boekmerk het met die eersteprys in die perkamentkuns afdeling weggestap.
In die provinsiale kompetisie was die wenners soos volg:
Annemarie Els van Ellisras se brosbroodvingers het met die eersteprys by die gebak afdeling weggestap en Trudie de Beer van Alma se groentepiekels het met die eersteplek by die kategorie preservering weggestap