Wildsfees beplanning skop af

THABAZIMBI.- Die munisipaliteit se span in beheer van beplanning vir Thabazimbi se jaarlikse Wildsfees het vroeg reeds die wiel aan die rol gesit. Dié span bestaan uit mnr Segale Pilane (Bemarking en Kommunikasie bestuurder), me Tanya Veldman (Toerisme, Bemarking en Promosie beampte) en Sanny Ndhlovu (Kliëntedienste en Media). Hierdie mense word tydelik op ‘n gekontrakteerde basis bygestaan deur Liezie le Roux, ‘n ou bekende in Thabazimbi.
Wildsfees 2004 se voorlopige program sluit reeds bekende name in soos: Kurt Darren, Anke van Idols, Thys die Bosveldklong en Dozi.
Die Organiseerders doen ‘n beroep op die publiek om hulle asseblief te kontak met enige idees en voorstelle rakende die fees.
Die missie en oogmerk van die Wildsfees is om die plaaslike gemeenskap en entrepeneurs soveel as moontlik te betrek en om seker te maak dat die gemeenskap sodoende dié is wat uit die fees voordeel trek. Enige mense wat arts en crafts of byvoorbeeld biltong daar van die hand wil sit is welkom.
Alle persone wat verblyf beskikbaar kan stel tydens die fees moet dringend al hulle besonderhede deurfaks na Tanya by (014) 777-1531
Alle Gastehuise, Lodges en dies meer moet ook haastig met Tanya in verbinding tree.
Hierdie spannetjie kan bereik word by die volgende nommers:
Tanya Veldman (014) 777-1525 uitbr 235
Sanny Ndhlovu (014) 777-1531